Bezz-Valley Babes
Vannaand wurg sy haar 30'something body inni size 14djeentjie in
terwyl die si'gret se rook haar een oog opfok in sy kas
speel konsertina met pens en vel
as die zip sy tanne sluit oor hemel en oor hel
van iewers skrou ñ lemmietjiesbek 'JP!!! Maak toe die blerrie hek!!!'
en straataf hoes ñ dagga-speaker die laaste noot van De la Rey
toe die bloedskenk lipstick sonder protes
soos varkvet oor haar bekkie gly
sy pull-awei laat die V8 sing
saam die jollie song in sy binnekant
vannaand is dit net babes en hy
en die vrugte van sy Friday-pay
orange issie hare, en skroupienk issie naels
vlamrooi issie lippe en
diamantè ommie hals
rond is haar se stêre en ronder nog die bors
alles onder pleather jacket
soos opgestopte wors
suiwer is haar liefde
without question, without doubt
heppie is die plêstiekroos wat groei diep in haar hart
g'n tob-tob-tob oor lewenspaaie,
g'n laatnag wonder 'wie ìs ek?'
g'n worry oor lande buite Jozie
net sy en babes en Friday-pay en diamantè om haar nek...