Sinkplaat-pad
soos die kringe om ñ hoennerhol
sit elkeen diep geplant
ieder elk ñ eie rympie
twee by twee van hoek tot kant
hier het ek my moer gestrip vir nugter wie weet waar
en daar het ek seer-diep gedink
verby die vrese en gevaar
daar wou ek my broek natpie van lag vir jou se streke
en hierso het ek stil gebid
dat jy my sal vergewe
en nou staan ek met toesmeer goeters
om jul stories dood te smoor
asof ek ñ vel is gespan oor bene
my skaam-kwaad moet opruk vir elke ene
net vandag nog gaan ek skryf
vir Liewe Heksie en vir Zille
vra vir nóg ñ regte-dag
sonder spiëel en sonder grille
die dag word opgedra aan almal en haar plooie
geban sal word jou photoshop
en opgezjoeste mooie
net varkvet, boerseep, vaseline word daai dag toegelaat
en as die son haar kop laat sak
het die ego'tjie maar min gepraat,
want ek is lief vir elke pliets
vir elke plooi van my
dit wys die mensdom ek't gelewe
gedigte van my tyd verby,
maar môre is dit kwas uithaal en jare doodverf hoek tot kant,
want lief vir plooitjie of te not -
ek bly maar tjommies met die make-up pot!