top of page

Hoërskool Richmond

 

Jy het my toegevou in jou dorsland
my grootoog en oophangbek na Hally se komeet laat staar

in eighty-six or seven
Korki se kuif was in haar oog,
sy kon net die helfte sien...

 

Jy het my geleer van inventive thinking as ons uitslip inni nag
om daar te kom waar die enk'le straatligte in jou teerpad blink
waar mens koffie by adri en vy kon drink

 

Jy het my geleer om ñ klikbek te exile uit my bestaan
my gewys waar Dawid die wortel begrawe
waar ek die graaf agterna kan maak staan

 

In jou donkiekarpaadjies was daar g'n potholes
net hier en daar ñ moerse gat
maar Jjet Airliner was in my ore
soos Ben se kar die draaie vat

 

Jy't my geleer van verder dink
toe Henta Heart over Mind uitsit as begrafnis-song
oom Koos my wys aartappels sluk met melk
en Hoggie met my die two-step doen
by die sokkie wat nie vra vir skoen

 

- en in die winter hoef ek my tanne net halfpad te borsel
en dit slegs drie dae innie week,
want gevries was elke koshuispyp
g'n druppel wou daar kop uitsteek

 

Nostalgie oor jou laat my snotterbel tjank
as ek verby jou poorte jaag na êrens
en as ek stom staan voor jou ruite
klim gister se skimme uit hekke en steen
soos eggo's wat uitwyk na buite

 

Aut Inveniam Viam Aut Vaciam

bottom of page