top of page
Donkermaan
Hurkend in my hoekie loer ek grootoog na die gang
donkermaan wat iewers aan ñ deurskyn-lyntjie hang
kersvlam roep die spoke nader
skadus teen die dak en muur
en ek sit hurkend in my hoekie
weggesteek van vlam en vuur
want stom-stil syfer woorde weg
sluk histeriese stilte praat
en as jy my geken het,
sal jy besef die tyd raak sienend laat
geketting, geslot my boek en blad
doof vir klop en stem
bermuda driehoek
uitgebrand die kersvlam en die pen
spoke in die muur insmelt
my oë word sinoniem met niks
sug die donker
sing haar wiegielied
druk my teen haar bors
en die stemme luister
geluidloos en stom
Cara. Cara.
Duerméte mi niño.
Ssshhh...
bottom of page