Huppelkind is ek
Die jare spat soos kaiingvet
teen die grill van my gedagtes
lê blink en dik en blertse vol
los vlekke op my vlaktes
Beskuit reën krummels in my koffie
die sneeu versmoor die kranse
wurg ys deur skeur en sleutelgat
en vriesbrand al my skanse
Niks het hier ñ plek nie,
tog als is tuis van kant tot hoek
en vind ek nie ñ sleutel nie,
moet ek oraloor en weer gaan soek
- in die laaie van die skewe kas
agter uittanddeur se hakkelrak
onder stof se bolle, katels, boks
grou ek hot en haar en anti-kloks -
My siel is op ñ diet
van lensiesop en water
ongesout, maar peperbek
sluk ek dit met ñ skater
Ondeundheid sit steeds in my murg
tart uithang-tong vir menig sede -
en huppel die kind wat gister was
deur tyd tot in my hede