top of page

Skimme

 

Op die velde van my tong
sterf die bloeisels van my siel
Kruip die maan op oor die damwal 
Word my ewewig verniel

 

Op perronne in my binneste 
Syfer ryp deur treine oop
Visioene van ons lêplek
word van alle trou gestroop

 

Geskroei is ons bekende lande
dor die oase van ons groet
Verstrengel in die ewigheid
Stuk-stuk lê ons bloed

 

Langs grense van ons boorde
waar wurmvrugte hang
Die fantasie geslope
die nag my weer gevang

bottom of page