top of page

Hebron

* uit ‘Die Beiteltjie’ deur NP van Wyk Louw”

 

Outodidakties tik ek op papirus in my kop 
terwyl jou oë sirkels om my tart,
jou houtvoete strepe los in die koue as

 

roep ek my Opperwese aan met lippe van klei
om my kamma vlammevuur merk jy 
die antwoorde op my vrae wat eerder moes bly
Ontsyfer ek die kode van somnus vir ewig verloor
ruk jou regmerke my wentelbaan van spoor
en die berge braak kras en lelik en bar 

 

* “Toe, onder my tien vingers bars
die grys rots middeldeur
en langs my voete voel ek 
die sagte aarde skeur,”

 

My normaliteit bars oop soos ‘n vrou
vir wie die kraam te vroeg gekom het
ek vreet die kensheid op 
tot dit soos etter uit my murg vloei
En ek word stil.

bottom of page