top of page
Panorama
Op my horisonne lê jou paaie
anderkant my heining van verby
en wanneer die sneeu die berge soen
en die Kaap haar trane stort op rots en bos
klouter ek sonder dink en sonder kop oor jou grensdraad
val ek dronk in die modderspore van ons gisters
tot lank na die nag sy loop kry
want elke vraag is op geantwoord
verwyte weggevee
elke seerkry lank vergete
verlange uitgeskree
nou is dit net fotoflitse
die wete 'ek was lief vir jou'
ja nou is dit net ek en heinings
en die solo-wêreld van onthou
bottom of page