top of page

Passief

 

Wat maak jy vannaand? 
terwyl die merlot en shiraz oor my granaatlippe bloei 
my oë drie-drie sien
soos ek met die spoke kotteljons

 

Wie lê in ons katelkooi vannag?
wanneer die as passief op my kombuisvloer val 
en nikotienfigure op my tanne los

 

Hoe voel jy in die oggenduur?
wanneer ek sleepvoet deur jou are sluip
tot binne in jou hart se spens

om nog ‘n dag daar weg te kruip

bottom of page