top of page

Lily Myn
6 Februarie 2016

 

Soos die son sak agter die berg
op hierdie tweede dag van weemoed, 
styg die helder sangstemme van die vroue by Lily Myn na bo... 

Sny dit deur die grense van taal
tot in die siel van hierdie Afrikaner-vrou. 

 

Die woorde is volksvreemd - my siel verstaan elke klank. 
My oë het geword twee riviere – 
ja tweeling-watervalle wat spontaan vloei. 

 

Die vingers van my gees speel sag en met deernis oor hul tonge 
- gryp die seer vas -
maak dit myne. 

 

Seer-diep. 
Seer-mooi. 
En soos die vroegnag oor die berg sluip 
soos spooktreine deur langvergete stasies

word my ego, my self-belangrikheid, 
die mens Antjie Somers... 

 

STOF.

bottom of page