top of page
Dot Doc
Die tyd van ‘ons’ lê soos nageboorte
gebaar tussen klip en sand
Anoreksies en nutteloos
soos geraamtes verby hulle jare
Gedehidreer soos die die geel gras
van ‘n Bolandse somer,
maar die wortels is vet en blink binne my are
Onthou wat wag,
maar nooit weer mág ontkiem
Sluimer, maar nie kán slaap
Kyk, maar nie mág sien
Die naelstring wasted deur ‘n virus
Die dimensie ‘n pause in ons dvd scene
Vasgevang in dot doc op my pc screen
bottom of page