Heaven Knows
In drome dans ek jou in three-dee
tot in die stiltes voor die dagbreek in
Waarheid wat koud en naak lê
agter die sluier van my eie maaksel
Daar waar geen ander oog kan observeer,
slegs ek ken die oomblikke van gesteelde geluk –
en ek roep jou naam sonder stem
en ek bid die malle-seer weg sonder kniel
en ek huil my trane na binne waar verwyt my hart verniel
en ek vat hier en ek los daar
en ek dink die dieptes in
en ek kyk vlak en ek kyk hoog,
maar God weet alleen waar ek moet heen
My koffers geplunder en verniel om jou uit te sny –
soos oorbodige bagasie,
maar steeds bly JY
my inwors in jou derms in
my keer op keer offer op jou altaar van bitterheid
Roerloos in die eggo van jou stem
Verlam deur die reuk van jou lyf
Gevangene van jou retina
Kanniedood, kannieleef, kanniedink.
Here help my!
Heaven Knows.