top of page
Twintig Sekondes
My huisie is klein waar ek binne staan
agter slot en grendel,
die wind fluit ñ de'javu rympie deur die krake
die vloere knars en die ruite kruip agter die rëendrupppels aan
Die boontjiesop prut en ons sluk die reuk
waar dit hang in vertrek en gang
Die stilte van onthou wurg die brood van my siel
terug na spens en blik
Plant fakkels op my tong
waar hy roerloos kniel in sy somber grot
en laat my aan die rook verstik
Buite die lyne is daar vryheid -
al is dit net van binne...
bottom of page